[ Log In ]

Market reports


Market Reports (Maize, Oilseeds, Wheat & Financial) - Maize

Last updated:2020/06/02 08:19:14 AM

Local


• Mielies verhandel aanvanklik swakker met mark opening, maar versterk teen sluiting om hoofsaaklik positief te sluit. Wit en Geelmielie-kontrakte sluit tussen R0/ton en R9/ton positief, dit terwyl die Corn pryse (pariteitsindeks) vir beide Julie en Desember R22/ton swakker verhandel en sluit.
• Die Rand beweeg gister basies 30c van sy swakste tot sy sterkste vlakke wat onderskeidelik R17.60/$ en R17.31/$ was. Tans is die verhandelingsvlak R17.37/$, wat ongeveer 17c sterker as gister middag 12uur se vlak is.
• Suid Afrikaanse Julie Geelmielies was gister oggend wêreldwyd die goedkoopste opsie vir Japan om in te voer. Die CIF prys soos geland in Japan vir ons mielies was $186/ton. Die VSA se Julie prys staan tans op $187/ton, Brasilië $196/ton en Argentinië $190/ton.
• Die pariteitsindeks vir Julie is vanoggend R32/ton negatief.

International


• VSA pryse beweeg sywaarts met die Julie-maand kontrak wat $0.0175c terugsak tot $3.24/skepel. Die September-prys sluit $0.0225c swakker op $3.2775/skepel.
• Die weeklikse gewasse verslag in die VSA lyk as volg vir mielies:
• 93% van die verwagte oppervlakte is reeds geplant (verlede week 88%; Verlede jaar 64%, vyf-jaar-gemiddeld 89%).
• 78% van die plantjies het reeds opgekom (64% verlede week; 42% verlede jaar vyf-jaar-gemiddeld 73%).
• 74% van die oes word goed-tot-uitstekend gegradeer, dit teenoor verlede week se 70%.
• Etanol produksie styg vir n vierde agtereenvolgende week. Vir die week geeindig 22 Mei 2020 word 724 000 vate geproduseer. Die week van tevore se produksie 663 000 vate.
• Frankryk se 2020 verwagte hektare is 97% klaar geplant soos en met 25 Mei 2020. Die oes lyk sover goed met 83% goed-tot-uitstekend.
• Die posisies van verskillende rolspelers in die mark is baie interessant die jaar. Vir die week geeindig 26 Mei 2020, verkoop Fondsbestuurders n verdere 31 000 mielie-kontrakte om op negatief 276 000 kontrakte te staan te kom.
• Aan die ander kant is produsente slegs vir die vyfde maal in die geskiedenis lank vir die tyd, die andere kere was vier maal in April 2019 toe die reën baie gepla het.



Market Reports (Maize, Oilseeds, Wheat & Financial) - Oilseeds

Last updated:2020/06/02 08:19:14 AM

Local


• Oliesaadkontrakte verhandel gister gemeng. Sojaboonpryse verhandel gister bo pariteit en die Junie-kontrak verhandel R50 hoër en gaan sluit op R6400/ton, terwyl die Julie-kontrak met R48 styg en tans verhandel teen R6448/ton.
• Sonneblompryse verhandel gister negatief en onder pariteit. Die Junie-kontrak verhandel R25 laer en gaan sluit op R5570/ton, terwyl die Julie-kontrak met R24 daal en gaan sluit op R5628/ton.
• Die Rand verhandel tans teen R17.39/Dollar.
• Die pariteitsbeweging is vandag R29/ton negatief.

International


• Daar word beweer dat China gister 11 miljoen skepels Amerikaanse sojabone aangekoop het, ten spyte van eskalerende spanning tussen die 2 lande. Die nuus het Sojaboonpryse laat styg na die aanvanklike daling toe die sessie begin het. Die Julie-kontrak styg met 0.25 sent om te eindig op $8,41/skepel.
• Vanaf 24 Mei is 65% van die Sojaboon-oes geplant in vergelyking met die vyf-jaar gemiddeld van 55% vir dieselfde tydperk.
• Weeklikse sojaboonuitvoerinspeksies het met byna 2 miljoen skepels gestyg vanaf verlede week tot 14.6 miljoen skepels vir die week van 22 tot 28 Mei. Die toename van 15.7% per week is gelei deur 5 miljoen skepels op pad na Egipte wat verlede week uit die Amerikaanse Golf verkry is. Die uitvoer van sojabone na China was opvallend klein, en altesaam 567 706 skepels by binnelandse laaigeriewe.



Market Reports (Maize, Oilseeds, Wheat & Financial) - Wheat

Last updated:2020/06/02 08:19:14 AM

Local


• Plaaslik het koringkontrakte negatief verhandel vanweë die sterker Rand. Die Julie 2020 kontrak R18 positief teen R5310.
• Volumes is min en as enkele markdeelnemers groot posisies moet inneem of ontruim kan groot bewegings plaasvind vanweë lae likiditeit.
• Produsente kan steeds huidige pryse oorweeg vir fisiese prysings.
• Die Rand verhandel tans teen R17.38 en bly die primêre dryfveer vir koringpryse se beweging.
• Die afgelope week is 61 206 ton ingevoer. Die koring is vanaf Kanada, Duitsland en Rusland. Invoere sedert Oktober 2019 staan op 1 252 011 ton en uitvoere tans op 54 110 ton.

International


• VSA verhandel positief vanweë droogteskade in Europa en Rusland. Die Julie 2020 kontrak verhandel tans teen $5.15.
• In dele van Texas en Oklahoma het die stroopproses afgeskop.
• Die IGC het 2020/21 wêreldproduksie 3.4% laer tot 4.464 biljoen skepels aangepas.
• Rusland, as die grootste uitvoerland, se 2020/21 koringoes met met 110 miljoen skepels tot 1.352 biljoen skepels verhoog.
• Volgens die nuutste USDA syfers is lentekoring tans 81% geplant in die VSA. Die 5 jaar gemiddeld is 90% aangeplant teen dié tyd. Opkoms word op 51% geraam. Winterkoring is 2% hoër na 54% goed-tot-uitstekend aangepas.
• VSA produksie word 3% laer teen 1.866 biljoen skepels geraam.
• Die afgelope week is 6,9 miljoen skepels VSA koring aan China verkoop. Dit verleen optimisme oor verdere uitvoere na die tweede grootste ekonomie in die wêreld.



Market Reports (Maize, Oilseeds, Wheat & Financial) - Financial

Last updated:2020/06/02 08:19:14 AM

International


• Die Rand verhandel gisteroggend aanvanklik swakker, maar versterk deur die loop van die dag om uiteindelik aansienlik sterker af te sluit.
• Die verbeterde sentiment kom na geen formele eskalasie in die spanning tussen die VSA en Sjina, ten spyte van menigte dreigemente deur President Donald Trump om sanksies teen Sjina op te lê indien Beijing voortgaan met die implementering van die nuwe sekuriteitswetgewing vir Hong Kong.
• Verdere positiewe sentiment rakende die hoop vir ekonomiese herstel sedert die heropening van meeste ekonomieë regoor die wêreld, met die Rand wat veral 'n hupstoot kry sedert die verligting van meeste inperking beperkings sedert gister.
• Kommer is steeds op die horison, met die sentrale bank wat 'n 7% inkrimping verwag vir Suid-Afrika die jaar weens die inperking. Sommige ekonome meen dat die inkrimping selfs groter sal wees met aansienlike groot werkloosheidsyfers.
• Markdeelnemers blyk wel vas te klou aan enige positiewe sentiment, maar met die voortdurende onsekerheid behoort die Rand oor die langer termyn volatiel te verhandel.
• Die dollar indeks verhandel swakker op 97.871 punte.
• Brent ru-olie se prys verhandel vanoggend sterker op $38.71/vat.
• Die JSE se indeks vir alle aandele verhandel 0.94% swakker op 50'929 punte.



Market reports

Latest detail reports

  1. 2020-06-02_ Daaglikse_Markverslag_Min.pdf
  2. 2020-06-02_ Daaglikse_Markverslag.pdf
  3. 2020-06-01_ Daaglikse_Markverslag_Min.pdf
  4. 2020-06-01_ Daaglikse_Markverslag.pdf